U waentjie is nog leeg.
Wys Waentjie
Gevorderde soek:
Tuis Maandag, 20 Mei 2013

Duiwelsasem deur Karin Roodt (eboek)

Duiwelsasem deur Karin Roodt (eboek)
Ontmoet Kai Brugman, die opwindende, jong Afrikanerspioen wat vir die...
R100.00

Moord op Rietvlei, deur A.J. du Plessis eboek

Moord op Rietvlei, deur A.J. du Plessis eboek
As Bessie van Niekerk se broer Jannie skielik vermoor word,...
R80.00

Gorilla in the room, by Anton Harber

Gorilla in the room, by Anton Harber
“Where does the Big Gorilla sit? The Big Gorilla sits...
R114.00
R0.01
Jy spaar!: 99.99%

Byleveld: dossier van 'n baasspeurder, deur Hanlie Retief

Byleveld: dossier van 'n baasspeurder, deur Hanlie Retief
Die pas afgetrede speurder Piet Byleveld is legendaries. Hy is...
R159.60
R0.02
Jy spaar!: 99.99%

7 days, by Deon Meyer

7 days, by Deon Meyer
A police officer is shot dead. The next day, one...
R228.00
R0.02
Jy spaar!: 99.99%

Redakteur se keuse

Trou tot die dood toe - die Suid-Afrikaanse Polisiemag
Trou tot die dood toe - die Suid-Afrikaanse Polisiemag
R260.00

Gustav Venter lui 'n nuwe tydvak in Afrikaanse letterkunde in PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Redakteur   
Sondag, 30 September 2012 16:10

Alrina Smal is 'n liberale, welgestelde vrou wat in Northcliff, Johannesburg woon. As sy deur 'n swartman in haar eie huis aangerand word, ontwikkel sy 'n fobie jeens alle swartmense wat haar man en diegene rondom haar al moeiliker vind om te hanteer.

Sy word deur die briljante, byderwetse doktor Ters van Jaarsveld behandel, maar niks kan haar van haar vrees vir swartmense genees nie selfs. Intense kursusse in gevegskuns en pistoolskiet stel haar ook nie gerus nie.

Gustav Venter het reeds as joernalis en rubriekskrywer in Afrikaans bekendheid verwerf. In hierdie, sy debuutroman, lewer hy 'n meesterlike en boeiende verhaal wat geen doekies omdraai oor die abnormale geweld, veral teen vroue, wat in Suid-Afrika tier nie.

Deur haar terapiesessies vir haar "negrofobie", soos dit ook iewers in die boek genoem word, leer ons Alrina se verhaal ken. Die dialoog tussen haar en doktor Ters is oortuigend, soms tegnies sielkundig, maar plek-plek ook kostelik, sodat die leser al hoe verder meegesleur word deur Alrina se pogings om haar vrees te oorwin.

Hoewel die enkele geweldstonele in die boek smaakvol en literêr geskilder word, is dit veral die dialoog wat by tye alle polities korrekte norme oorboord gooi. Die skrywer gee enkele rassistiese karakters vrye teuels om hul menings uit te spreek soos 'n mens in 'n etnies verdeelde len geweldgeteisterde Suid-Afrika kan verwag. Dis 'n boek wat vele na hul asems gaan laat snak, ook die leser wie se simpatie met Alrina se dilemma hom kwalik op die skokkende einde van die verhaal voorberei.

Reeds kan 'n mens sê dat hierdie roman 'n nuwe tydvak in die Afrikaanse letterkunde inlui. Wat by sommige skrywers voorheen vae suggestie was, word deur Gustav Venter tot onverskrokke realisme opgetower.

As u vanjaar een Afrikaanse boek lees, moet dit Die amigdala van Alrina Smal wees!

Koop die eBoek hier.

LAST_UPDATED2
 
Paul Kruger - 'n biografie PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Redakteur   
Maandag, 12 Oktober 2009 13:21


Paul Kruger is waarskynlik die grootste en invloedrykste Afrikaner wat ooit geleef het. In hierdie klassieke biografie wat die resultaat is van ongeveer twintig jaar se navorsing, hier en oorsee, skilder D.W. Krüger 'n prentjie van Paul Kruger as onverskrokke jong Voortrekker, jagter, boer, vader, kommandant-generaal, stryder vir sy volk en uiteindelike president.

In die 1880s behaal Kruger een diplomatieke deurbraak ná die ander en verseker so dat die Transvaal meer onafhanklik as ooit raak. Hy en sy volk word geag deur die grootmoondhede van Europa en bou ook 'n enorme gevolg in die Engelse gebiede van Suid-Afrika op, in die Kaapkolonie en selfs in Natal.

Die opbloei van die Zuid-Afrikaansche Republiek onder Kruger was merkwaardig en hy is allerweë vir sy wysheid, verdraagsaamheid en insig geloof. Maar as die onweerswolke van 'n tweede oorlog teen Brittanje saampak, word Kruger voor die onverbiddelike keuse gestel of hy wil veg of roemloos oorgee.

Benewens die magdom interessante feite wat in die boek ter sprake kom, bevat dit insgelyks vele lesse vir die hedendaagse politiek en die situasie waarin die Afrikaner hom tans bevind.

 Lees ook die berig op Die Burger se werf.

Lees meer...