|
|
|
| Geskryf deur Redakteur |
| Dinsdag, 02 September 2008 09:44 |
|
Betaal asb die volle bedrag in by die volgende rekening; ________________________________________________________ Terme en Voorwaardes
Definisies:
PRAAG: Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep is 'n nie-regeringsorganisasie wat hom beywer vir die behoud van Afrikaans.
Gebruiker: Gebruikers van die webwerwe van PRAAG.
Webwerwe: Eienaar Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep(www.praag.org) is 'n Maatskappy behoorlik ingelyf en geregistreer in terme van artikel 21 van die Maatskappye Wet 61 van 1973 met geregistreerde kantoor te --.
Die Nuusportaal – Praag (www.praag.co.za) en die Winkel (www.praag.org.za) is te stigte Beslote Korporasies in terme van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984.
Die Terme en Voorwaardes is bindend op gebruikers van van die webwerwe van PRAAG. Kopiereg en Intellektuele Goedereregte
Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep © 2000-2008 - Alle Regte Voorbehou Adres: Elderstraat 10, Bryanston, Johannesburg en Posadres: Posbus 3103, Dainfern, 2055 Die inhoud, artikels, foto's en ander kwalifiserende werke mag nie sonder die toestemming van PRAAG vir kommersiele doeleindes aangewend word nie. Aansoeke om toestemming vir die gebruik en aanwending van die werke vir kommersiele doeleindes moet gerig word aan die: Uitgewer, PRAAG, Posbus 3103, Dainfer, 2055 of per e-pos aan die Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien Gebruikers word hiermee gemagting om die inhoud van die werwe af te laai, te stoor (elektronies of andersins) te druk of aan te stuur (hetsy elektronies of andersins) uitsluitlik vir private gebruik. PRAAG aanvaar geen verantwoordelikheid vir onwettige, onwevoeglike en onbehoorlike materiaal nie. PRAAG doen alles in sy vermoë om inhioud na te gaan maar waarborg geensins die akuraatheid en korrektheid van die inhoud nie. PRAAG moedig gebruikers aan om enige foute en skandelike materiaal op die webwerwe van PRAAG onder die aandag van PRAAG te bring en PRAAG onderneem om regstellings so speodig doenlik aan te bring.
Al die inhoud, handelsmerke en data insluitend maar nie beperk tot sagteware, databasisse, prente, geskrifte, hiperskakels en ontwerpe is die eiendom van PRAAG of word met vergunning onder lisensie gebruik en die eienaarskap daarvan word beskerm deur nasionale wetgewing sowel as internasionale verdrae. Elektroniese kommunikasie Gebruikers en besoekers van die webwerwe en deur die stuur van e-posse stem toe tot die gebruik van elektroniese kommunikasie en aanvaar dat elektroniese kommunikasie vanaf PRAAG insluitend kontrakte, kennisgewings, vrywarings en ander korrespondensie waarvan daar vereis word dat dit op skrif moet wees. Hiperskakels, Raming en “Spiders en Crawlers” Geen persoon, besigheid of ander webwerf mag sonder vooraf toestemming van PRAAG na enige van PRAAG se webblaaie hiperskakels aanbring nie. Toestemming moet in skrif gerig word soos vermeld in die tweede paragraaf van die dokument. Geen persoon, besigheid of ander webwerf mag onder geen omstandighede enige van PRAAG se webwerwe raam binne 'n bestaande werf nie. Geen persoon, besigheid of webwerf mag enige tegnologie gebruik om PRAAG se werwe te deursoek om enige finansiele gewin te maak sonder die toestemming van PRAAG. Toestemming moet in skrif gerig word soos vermeld in die tweede paragraaf van die dokument. Vrywaring Afgesien van die bepaings in terme van artikels 43(5) en 43(6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies aanvaar PRAAG of enige van PRAAG se agente of verteenvoordigers geen aanspreeklikheid vir skade of verliese wat mag voorspruit uit die gebruik van die werwe of die onbeskikbaarheid van die werwe of die dienste of inhoud wat op die werwe aangetref word nie. PRAAG maak geen voorstellings of waarborge, by implikasie of andersins dat die inhoud en die tegnologie wat aangebied word sonder foute en weglatings is nie. Verder, waarborg PRAAG nie dat die werf te alle tye aanlyn sal wees nie of dat dit foutloos is nie. Gebruikes en besoekers word aangemoedig om direk met PRAAG inverbinding te tree indien foute opgemerk word en onderneem PRAAG om die foute regtestel of te verwyder so spoedig doenlik. Vir kontak besonderhede sien hieronder. Die webwerf word voetstoots aangebied en word nie bedryf om spesifieke gebruikers se persoonlike benodighede aan te spreek nie. Dit is die gebruiker se verantwoordelikheid om na te gaan dat die werwe voldoen aan die gebruiker se vereistes en dat dit die gebruiker se harde-en sagteware se minimum vereistes voldoen aan wat deie werwe vereis. Inligting, idees en opinies op die werwe word nie as proffessionele advies aangebied nie en mag ook nie die wees van PRAAG nie. Opinies, Briewe, kommentaar en enige ander bydraes deur derde party is nie noodwendig dieselfde as die van PRAAG nie. PRAAG, die agente of verteenvoordigers van PRAAG aanvaar geen verantwoordelikheid vir items wat aangekoop is op die werf deur die gebruikvan die items of in die geval waar items ongebruik is nie. Kostes – (Hier moet ons net die posgeld opdateer en seker maak dit is op datum) Elke itmem se koopprys word saam met die item vertoon en in die geval waar prokukte onderhewig is aan 'n spesiale aanbod of uitverkoping sal die aangepaste prys vertoon word. Verskeepskoste:
Die verskeepskoste van die items word bereken en is betaalbaar teen die plaas van die bestelling. Neem asb kennis dat die Suid-Afrikaanse posdiens net pakkies met 'n maksimum van 30kg sal aanvaar.
Dit is betaalbaar in Suid-Afrikaanse valuta, per bestelling en ongeag die bedrag van die aankope. Items met 'n gewig van meer as 10kg sal nie internasionaal veskeep word nie.
Invoerbelasting mag betaalbaar wees en dit is die verantwoordelikheid van die ontvanger van die goedere. PRAAG aanvaar geen verantwoordelikheid vir die kostes nie en kan nie die koste daarvan bereken nie Aflewerings
Alle items aangebied op die werwe sal meld hoe lank dit sal neem vir die items om afgelewer te word. Indien daar geen sodanige aanduiding op die werf is nie sal dit per e-pos bevestig word. Praag sal alle redelike stappe neem om te verseker die aflewering vind plaas binne die gemelde tyd maar sal nie verantwoordelikheid aanvaar indien dit langer neem as gemeld nie. Praag onderneem om die bedrag betaal deur die koper terug te betaal sonder enige ander vergoeding vir verliese. Die item met die langste afleweringstyd sal gebruik word om te bepaal hoe lank dit sal neem vir die totale bestelling om versend te word. Plaaslike boeke word gewoonlik tussen 5 tot 10 wersdae versend. Cds, DVDs, Videos en Sagteware word gewoonlik tussen 10 en 15 werksdae versend. Boeke wat op die internasionale mark aangekoop word, word gewoonlik binne 15 werksdae versend.
Namibië en ander Afrika lande – aflewerings slegs aan poskantore
Aflewering vind gewoonlik plaas binne twee tot drie weke nadat die bestelling verwerk is maar dit kan selfs twaalf weke neem vir die aflewering om plaas te vind. Indien items per koerier versend moet word moet daar vooraf met PRAAG 'n reëling getref word aangesien die koste hieraan verbonde hoog is. Betalings
PRAAG maak gebruik van Paypal, Netcash en of Setcom vir die verwerking van kredietkaart betalings. Nadat die koper die items in die mandjie geplaas het en die transaksie voltooi het op die werf en ook persoonlike en aflewerings besonderhede verskaf het sal die koper 'n opsie he om sy betaal opsie te kies. Deur die betaal knoppie te klik sal die koper vanaf die werf weggelei word om die transaksie op Paypal. Netcash of Setcom te voltooi. Nadat dit aankoop deur middel van 'n kredietkaart voltooi is sal die koper terug gelei word na die werf. Nadat die bestelling verwerk is word die transaksie besonderhede en ook die kredietkaart besonderhede aan die bank – (via Paypal, Netcash of Setcom) aangebied ter magtiging van die bedrag vir die aankoop. Die bedrag word ingevorder sodra die transaksie voltooid is maar voordat die item(s) verskeep word. Die koper moet 'n rekening by Paypal open of oor een besik voordat 'n transaksie voltooi kan word. Paypal, Netcash en Mypay se Terme en voorwaardes geld wanneer van hul diens gebruik gemaak gaan word. PRAAG behou die reg voor om alle transaksies na te gaan om die sekurieteit en integriteit van die stelsel te behou en om bedrog te verminder. Verder, PRAAG behou die reg voor om enige transaksie te weier indien dit nie die wettigheid daarvan kan bevestig nie.
Indien die koper kies om die bedrag te betaal deur middel van 'n bank deposito, sal die koper instruksies ontvang oor die besonderhede.
Verkoopsvoorwaardes Deur 'n item in die mandjie te plaas sonder om die aankoop siklus te voltooi sal nie 'n aaname of 'n ooreenkoms tussen Praag en die koper daarstel nie. Verder, sal dit ook nie 'n bestelling van die items genereer nie. Praag behou die reg voor om enige items uit die mandjie te verwyder indien voorraad nie beskikbaar is nie. Die volgende sal 'n ooreenkoms tussen Praag en die koper daarstel:
Praag behou die reg voor om;
Praag sal slegs aanspreeklik vir die terugbetaal van die bedrag betaal deur die koper. Praag onderneem om die pryse op die werwe akuraat as moontlik te hou sou daar egter enige foute voorkom behou Praag die reg voor om die transaksie te kanselleer en om die bedrag soos betaal terug te betaal aan die koper sonder enige aanspreeklikheid vir die fout. Kopers kan hulle aankope vir 'n tydperk van 12 maande op die werf nagaan, dit kan gestoor word en ook geduk word om as bewys van die transkasie te dien. Beskikbaarheid Alle voorraad is beperk en Praag behou die reg voor om enige voorraad van die voorraadlys te verwyder sonder kennisgewing. Praag sal alle redelike stappe neem om voorraad getalle akuraat te vertoon en sal voorraad wat nie meer beskikbaar is nie verwyder so spoedig doenlik. Sou daar enige voorraad te koop aangebied word wanneer daar geen voorraad is nie sal Praag die bedrag betaal aan die koper terugbetaal sonder enige verdere kompensasie. Afslagkoeponne Afslagkoeponne:
Lidmaatskap Praag is lid van die Online Publishers Association www.opa.co.za. Regstelsel Die werf word aangebied, beheer en bestuur in Suid-Afrika en die wetgewing wat enige geskille sal besleg is die Suid-Afrikaanse stelsel. Die koper stem ook toe tot die jurisdiskie van die Landdroshof vir enige geskille voortspruitend uit handelinge met die werf. Wysigings en veranderinge Praag behou die reg voor om die terme en voorwaardes te enige tyd sonder kennis te verander. Domicilium Praag kies sy domicilium citande et executandi vir alle prosesstukke, kennisgewings en kommunikasie te........ Termyn Hierdie ooreenkoms sal bindend wees op alle gebruikers van Praag wanneer hulle registreer en die werwe gebruik en sal voortleef solank as wat die gebruiker die werwe gebruik tensy die terme deur Praag gekanselleer word. Inligting in terme van artikel 51 van die Wet op Bevordering van Toegang tot Informasie (PAIA) 2 van 2000. Volle Naam: Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep Hoofbesigheid: Nuusportaal, aanlynwinkel Adres vir betekening van pleitstukke: Webwerwe: praag.co.za praag.org praag.org.za Amptelike e-pos adres: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
|
| LAST_UPDATED2 |


