|
|
|
| Geskryf deur Praag |
| Sondag, 25 Oktober 2009 20:30 |
'n Kort handleiding om kopers met aanlynkoop by te staanVanaf die voorbladOp die voorblad is daar 'n lys van al die nuutste boeke en ook 'n kieslys van al die afdelings van die winkel. Onderaan elk van die boeke is daar 'n knoppie "Na waentjie". As u op die knoppie klik dan word die gekose item in die waentjie geplaas. U sal direk daarna, na die waentjie geneem word waar u die item dan kan betaal of verwyder. Onderaan die blad sal u ook 'n opsie kry "Doen nog inkopies"; as u daarop klik, sal u na die betrokke afdeling herlei word waar u dan ander boeke kan bestel. Vanaf die item se beskrywingsbladIndien u die boek of item gekies het deur daarop te klik sal u 'n kort beskrywing van die boek of item kry; daar is weereens 'n opsie "Na waentjie". In dié geval sal daar 'n opspringvenster verskyn met twee opsies: "Gaan voort" en "Waentjie". Die item is dan reeds in u waentjie geplaas en as u op die "gaan voort"-opsie klik, kan u nog ander boeke bestel. As u op die "Waentjie"-knoppie klik, dan sal u direk na die waentjie geneem word. Die blad gee u meer inligting omtrent die boek of item en ook die opsie om aan ons 'n kort boodskap aangaande die boek of item te skryf. U kan ook die hoeveelheid op die blad kies; as u meer as een boek wou bestel, kan u bloot die hoeveelheid daarvan verstel voordat u die "Na waentjie"-knoppie klik. U sal ook kan sien hoeveel voorraad daar is en hoe lank dit sal neem vir die aflewering van die boek. Daar is ook 'n opsie om 'n kort resensie vir die boek te skryf en u kan ook ander kopers se resensies daar lees. U kan ook sterre aan die boek toeken wat ander kan help om die kwaliteit van die boek te bepaal. Onderaan die blad is daar ook 'n lys van ander boeke wat u dalk interessant kan vind en as u op enige van hulle klik sal u na hul beskrywingsblad geneem word of u kan dit direk in u waentjie plaas. Die item is nou in die waentjie, wat nou?U kan altyd by u waentjie uitkom deur regs bo op die "Wys waentjie"-knoppie te klik. Indien u onseker is of die item wel in u waentjie geplaas is, kan u direk daarheen herlei word. Op hierdie blad sal u dan die items wat wel in u waentjie is, kan besigtig, verander en verwyder. Die item sal dan volledig hier beskryf word en die aantal sal ook hier vertoon word. U kan die item uit u waentjie haal deur op dié knoppie te klik Hier sal die totaal van u aankope gelys word insluitend BTW maar dit sluit u afleweringskoste uit, dit sal by u totaal gevoeg word sodra u afleweringsadres verskaf is. Onderaan die blad sal u die opsie kry om die items in u waentjie te "Betaal"; u sal dan moet inteken of registreer om die transaksie te voltooi. Die inligting wat u hier verskaf sal ons in staat stel om die item aan u te versend. Stap EenNadat u ingeteken het, sal u na 'n blad geneem word waar u u afleweringsadres kan bevestig of om 'n nuwe adres te skep. U waentjie-inhoud sal bo-aan vertoon word en hier kan u dan steeds enige veranderinge aanbring en selfs ander items byvoeg. Stap TweeDie volgende stap gee aan u die afleweringsopsies wat beskikbaar is, tesame met die koste daaraan verbonde. Stap DrieOp hierdie blad sal u waentjie steeds bo-aan vertoon maar die aflweringskoste sal nou by u totaal gevoeg wees en dit is dan die totaal wat u moet betaal vir u aankope. Onderaan die blad sal u die volgende betaalopsies kry: bankdeposito of kredietkaart. Hier kan u dan u keuse maak en na die volgende blad herlei word. Stap VierHierdie is die finale stap en hier kry u 'n opsomming van u betaling tesame met u afleweringsadres. Voordat u die transaksie kan voltooi, moet u die webwerf se gebruiksvoorwaardes aanvaar deur in die blokkie te klik en u kan voortgaan om die "bevestig bestelling" onderaan te klik om u bestelling te bevestig en om dit op die stelsel vas te vang. BetaalopsiesBankdeposito - Indien u hierdie opsie gekies het dan sal die proses voltooi wees. U behoort dan 'n e-pos te ontvang wat die hele transaksie aan u uiteensit. Kredietkaart - Indien u dié opsie gekies het dan sal u herlei word na ons diensverskaffer, Setcom, waar u transaksie veilig verwerk sal word. Indien u 'n gebruiker van Setcom is en u reeds by hulle gereigstreer is, dan is die proses eenvoudig en u kan bloot met u besonderhede daar inteken en die transaksie voltooi. U sal ná die suksesvolle voltooing van die transaksie na ons tuisblad herlei word waar u u bestelling kan nagaan. Vir nuwe gebruikers van Setcom kan die proses egter langer neem en dit is ongelukkig uit ons hande om die proses korter en eenvoudiger te maak. Setcom is een van die leiers wat kredietkaarttransaksies op die internet, veral in Suid-Afrika betref. Indien u op "verify" klik, sal hulle gewoonlik 'n proses in werking stel wat bedoel is om bedrog te voorkom. 'n Klein bedrag wat hulle teen u kredietkaart debiteer, sal eers bevestig moet word alvorens die transaksie voltooi kan word. Daarom is dit waarskynlik makliker om nie op "verify" te klik nie en sommer direk die transaksie te voltooi. Ons besef dit is 'n beslommernis vir ons kopers om soms deur die verifikasieproses met Setcom te moet gaan en is ons besig om ander betaalopsies te ondersoek. Sodra ons dit met ons stelsel getoets het, sal ons dit aanbring wat die proses kan verkort en vergemaklik. U kan egter gewoonlik hieride beslommernis vermy deur nie op "verify" te klik nie.
|
| LAST_UPDATED2 |


