Prys (elk) (piece):
R140.00 (belasting van 14 % ingesluit)
Kortverhale op die snykant van die liefde, dit is Izak de Vries se jongste bundel. Wesenlik gaan hierdie verhale oor twee kompulsies: die liefde en skryf oor die liefde. In ’n sekere sin gaan dit oor die soeke na die volmaakte liefdesverhaal – op papier sowel as in die lewe.
Kitsliefde oor die internet, ongebreidelde begeerte, oop verhoudings … bevredig dit die mens se soek na die liefde? Begeerte, wys De Vries, bly lewend deur die onvervulbaarheid daarvan. Die liefde bly daarom, soos skryfwerk oor die liefde, altyd net dit: byna liefde.