U waentjie is nog leeg.
Wys Waentjie
Gevorderde soek:
Tuis Winkel Boeke Nie-fiksie Aweregs - politieke essays Vrydag, 10 September 2010

Teken in






Anton Rupert - ’n Lewensverhaal: Nuwe uitgaweBybelblokraaiboek
Aweregs - politieke essays
Volle grootte prentjie


Aweregs - politieke essays

PDFDrukE-pos
Prys (elk) (piece): R210.00 (belasting van 14 % ingesluit)

AWEREGS bevat van Dan Roodt se mees opspraakwekkende essays soos „Pas aan en sterf ” waarvoor hy reeds internasionale bekendheid verwerf het.

Elke moontlike onderwerp in die hedendaagse politiek word gedek: Afrikaanse onderwys, regstellende aksie, rassekwotas in sport, grondhervorming, naamsveranderings, die taalstryd,Zimbabwe of wegholmisdaad. In navolging van NP van Wyk Louw, beweeg die skrywer egter ligvoets van dié aktuele kwessies na tydlose wyshede met aanhalings uit die wêreld se groot staatsmanne en filosowe.

Nie net is die boek prikkelend en leesbaar geskryf nie, maar daar word ook praktiese voorstelle gedoen oor hoe ons uit die huidige politieke moeras kan ontsnap deur die stigting van ?demokratiese Afrikanerraad, skakeling met die buiteland en paraatheidskursusse teen misdaad.

Selde is daar al sulke konsekwente en snydende kritiek teen die „Euromasochisme” van ? Amy Biehl of die dekadente oorgawepolitiek van onlangse Afrikanerleiers gelewer. Want, sê die skrywer: „In Afrika waar die begrippe ‚mag’ en ‚krag’ ? sleutelrol speel, word welwillendheid en die bereidheid om ander te dien dikwels as ? teken van swakheid gesien … Om jouself sterk te maak, jouself te beskerm, en sodoende die respek van ander af te dwing, is ? veel gesonder oorlewingsbeginsel as om gedurig die knie te buig of mooi broodjies te bak in die hoop dat die swaard van die ander by jou sal verbygaan.”


Enige vrae oor die produk?
Beskikbaarheid

In voorraad: 15

Aflewering gewoonlik in :

24h.gif

Ander kopers skryf:

Niemand het nog iets oor die item geskryf nie.
Jy moet ingeteken wees om iets te kan skryf