U waentjie is nog leeg.
Wys Waentjie
Gevorderde soek:
Tuis Winkel Boeke Nie-fiksie Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika Dinsdag, 07 September 2010

Teken in






NegrologiePaul Kruger - 'n biografie
Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika
Volle grootte prentjie


Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika

PDFDrukE-pos
Prys (elk) (stuk): R425.00 (belasting van 14 % ingesluit)

Die laaste omvattende geïllustreerde geskiedenis van Suid-Afrika het meer as ’n dekade gelede verskyn. Intussen het ingrypende verandering plaasgevind, nie net in die politiek nie, maar ook in die geskiedskrywing en die argeologie. Met dié nuwe geskiedenis wil die skrywers die opwinding van vars insigte aan lesers oordra.

Die boek, geskryf deur 28 van ons voorste kenners, sluit die jongste internasionale navorsing in. Dit begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en die trek in die binneland in van trekboere en Voortrekkers.

Later kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van Suid-Afrika se politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloë wat in 1914 en in 1939 in Europa uitbreek laat plaaslik nuwe kragte vry. Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang van 1994 en die vorming van ’n nuwe samelewing met nuwe dinamika.

Hiernaas kyk die skrywers ook na breër kulturele strominge, na die deurslaggewende rol van godsdiens en die sending en die sug na onderwys.

Met die heel nuutste inligting en invalshoeke word die storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.


Enige vrae oor die produk?
Beskikbaarheid

In voorraad: 5

Aflewering gewoonlik in :

2-3d.gif

Ander kopers skryf:

Niemand het nog iets oor die item geskryf nie.
Jy moet ingeteken wees om iets te kan skryf

Recently Viewed Products



Jy kan die volgende items ook interessant vind.

The Scourge of the ANC
The Scourge of the ANC
R120.00

Aweregs - politieke essays
Aweregs - politieke essays
R210.00

Negrologie
Negrologie
R180.00

Die nihilisme
Die nihilisme
R200.00