U waentjie is nog leeg.
Wys Waentjie
Gevorderde soek:
Tuis Winkel Boeke Nie-fiksie Paul Kruger - 'n biografie Donnerdag, 11 Maart 2010

Teken in






Nuwe Geskiedenis van Suid-AfrikaPrinsevlag
Paul Kruger - 'n biografie
Volle grootte prentjie


Paul Kruger - 'n biografie

PDFDrukE-pos
Prys (elk) (piece): R329.00
R263.20 (belasting van 14 % ingesluit)
Jy spaar!: 20.00%

Paul Kruger is waarskynlik die grootste en invloedrykste Afrikaner wat ooit geleef het. In hierdie klassieke biografie wat die resultaat is van ongeveer twintig jaar se navorsing, hier en oorsee, skilder D.W. Krüger 'n prentjie van Paul Kruger as onverskrokke jong Voortrekker, jagter, boer, vader, kommandant-generaal, stryder vir sy volk en uiteindelike president.

In die 1880s behaal Kruger een diplomatieke deurbraak ná die ander en verseker so dat die Transvaal meer onafhanklik as ooit raak. Hy en sy volk word geag deur die grootmoondhede van Europa en bou ook 'n enorme gevolg in die Engelse gebiede van Suid-Afrika op, in die Kaapkolonie en selfs in Natal.

Die opbloei van die Zuid-Afrikaansche Republiek onder Kruger was merkwaardig en hy is allerweë vir sy wysheid, verdraagsaamheid en insig geloof. Maar as die onweerswolke van 'n tweede oorlog teen Brittanje saampak, word Kruger voor die onverbiddelike keuse gestel of hy wil veg of roemloos oorgee.

Benewens die magdom interessante feite wat in die boek ter sprake kom, bevat dit insgelyks vele lesse vir die hedendaagse politiek en die situasie waarin die Afrikaner hom tans bevind.

Indien u enige vrae het of probleme ondervind, kontak ons gerus: dan@praag.org of albertus@praag.org


Enige vrae oor die produk?
Beskikbaarheid

In voorraad: 112

Aflewering gewoonlik in :

48 uur

Ander kopers skryf:

danroodt  (Monday, 12 October 2009)
Sterre: 5
Die beste uit die verlede Martiens van Bart in Die Burger op 10 Oktober 2009 Op 10 Oktober 1825 is Stephanus Johannes Paulus Kruger op die plaas
Bulhoek in die distrik Cradock as die kind van ’n trekboeregpaar gebore. Hywas bestem om ’n staatsman van formaat te word van wie die hele
wêreld met agting kennis sou neem. MARTIENS VAN BART vertel meer oor die heruitgawe van Paul Kruger – ’n biografie uit die pen van D.W. Krüger
wat vandag by Praag verskyn. Die heruitgawe van die uitmuntende Kruger-biografie deur die historikus D.W. Krüger van Potchefstroom, gefinansier
met ’n ruim subsidie van die L.W. Hiemstra-trust, sal verwelkom word deur almal wat ’n ernstige belangstelling in die geskiedenis van Suid-Afrika
het.




Jy kan die volgende items ook interessant vind.

The Scourge of the ANC
The Scourge of the ANC
R120.00

Aweregs - politieke essays
Aweregs - politieke essays
R210.00

Negrologie
Negrologie
R180.00

Die nihilisme
Die nihilisme
R200.00